Welkom by Slanker met SARIE

Die gesonde eet- en oefenplan, ontwerp deur kenners om jou lyf in haar beste toestand nog te kry.

Dis tyd!

Jy het besluit: Jy wil ’n gesonde lewensverandering maak. Wel, jy’s op die regte
plek. Kom ons spring aan die werk!

12 week
oefenprogram

Daaglikse
oefensessies

Kyk na die
oefenbewegings

Eetplanne wat maklik
is om te volg

Skryf in en begin jou Slanker-reis!

Slanker met SARIE is ’n gesonde eet- en oefenplan, ontwerp deur kenners
om jou lyf in haar beste toestand nog te kry – alles in die gemak van jou
eie huis.

Hoekom Slanker met SARIE?

Wanneer jy besluit het om gewig te verloor, is dit maklik om in die slaggat van kitsdiëte of ekstreme gewigverliesmetodes te trap. Met Slanker met SARIE kry jy ’n dieet en oefenprogram wat wetenskaplik ontwerp is om gesonde en volhoubare gewigverlies te bewerkstellig. Sodra jy opteken, kry jy:

  • ’n Oefenplan van 12 weke, ontwerp om vet te verbrand en sexy spiertonus te bou.
  • Video-demonstrasies van elke beweging.
  • Oefen by die huis met basiese toerusting
  • n Kilojoule-beheerde oefenplan van 12 weke waarmee jy gewig kan verloor sonder om honger te voel.
  • Bekostigbare, gesonde maaltye wat maklik is om te maak en so lekker is, dat jy skaars sal kan glo dis “dieetkos”.

PLUS:

  • Kry toegang tot al jou oefensessies en eetplanne van jou slimfoon af – jy hoef nie ’n app af te laai nie.
  • Sluit aan by die Slanker met SARIE-Facebook-groep en ontmoet ander vroue op dieselfde reis.

Hoe werk dit?

Sodra jy inteken kry jy toegang tot die hele Slanker met SARIE-plan, wat jy van jou rekenaar of enige mobiele toestel met internettoegang af kan oopmaak. Dis nie nodig om ’n app af te laai nie. Begin eenvoudig by Week 1 Dag 1 en volg die plan dag ná dag vir indrukwekkende resultate.

Geen vreemde, duur dieetkos nie

Gebruik die ruillys op die eetplan om maaltye saam te stel wat by die program pas én vir jou lekker is. Jy gaan nie honger ly nie! Jy sal dalk selfs vind dat jy meer as voorheen eet.

Oefen in die gerief van jou eie huis

Jy het nie ’n gim nodig nie. Al die oefensessies kan by die huis gedoen word, met die minimum toerusting en goed wat jy reeds by die huis het, soos papierborde en meubels.

Hoekom werk dit?

Die eetplan werk met makro’s en kilojoule-tellings, sodat jy steeds al jou gunstelingkossoorte kan eet, maar in kleiner hoeveelhede. Intussen gebruik die oefensessies saamgestelde, funksionele bewegings om vet te verbrand en sexy, lenige spiertonus te bou.

Hoewel resultate sal wissel op grond hoeveel jy het om te verloor, is die plan ontwerp sodat ’n gemiddelde vrou sowat een kilogram per week kan verloor – dis gesonde, realistiese gewigverlies wat jy sal kan volhou.

Ondersteun deur
wetenskap

Lae risiko van
beserings

Raak lewenslank
gesonder

Jy gaan
resultate sien

Skryf in en begin jou Slanker-reis!

Slanker met SARIE is ’n gesonde eet- en oefenplan, ontwerp deur kenners om jou lyf in haar beste toestand nog te kry – alles in die gemak van jou eie huis.