Algemene vrae
Kry hier antwoorde op jou vrae oor hoe die program werk.
Sal ek dié program kan doen?
Jy behoort die groenlig by jou dokter te kry voordat jy enige oefenprogram begin, veral as jy enige risikofaktore het, soos:
- Familiegeskiedenis: Enige hartverwante siekte voor die ouderdom van 55 in pa of ander nabye manlike familielid, of 65 jaar in jou ma of ander nabye vroulike familielede.
- Sigaretrook
- Hoë bloeddruk
- Hoë cholesterol
- Hoë bloedsuikervlakke
- Obesiteit, m.a.w. jou liggaamsmassa-indeks (“BMI”) > 30 kg.m 2
- Onaktiewe leefstyl
Neem asseblief kennis dat die program wat ons voorskryf vir gesonde en onbeseerde mense ontwerp is. Gaan sien ’n fiksheidspesialis as jy enige beserings het om raad te kry oor watter oefeninge jou besering kan vererger en om alternatiewe oefeninge te kry.
Dis ook ’n goeie idee om hierdie program na jou gim te neem en ’n instrukteur te vra om eers na jou tegniek te kyk. So kan jy seker maak jy doen die oefeninge reg.
Hoe moeilik is die oefeningsessies?
Die program is ontwerp vir ’n vrou van gemiddelde of redelike fiksheid wat vinnig meer resultate wil sien. Maar jy kan dit aanpas deur dit teen jou eie pas te doen.
Beweeg eers aan na die volgende blok as jy voel jy het jou huidige blok onder die knie – met ander woorde, jy kan al die stelle en herhalings van elke oefening gemaklik doen. Dis doodreg as jy ’n week ’n paar keer herhaal voordat jy aanbeweeg.
Kan ek die oefenprogram by die huis doen?
Ja! Die oefening is ontwerp om min spasie en toerusting te gebruik. Jy gaan ’n paar basiese gereedskapstukke moet kry: ’n stel ligte handgewigte, ’n stel swaar handgewigte en ’n weerstandsband.
Al die ander oefeninge gebruik net jou liggaamsgewig of huishoudelike goed soos stoele en papierorde.
Hoe belangrik is opwarming?
Baie belangrik! As jy die opwarming oorslaan is die kanse groter dat jy beseer kan word. Maak seker jy doen dit voor elke oefensessie.
Moet ek strek nadat ek geoefen het?
Ja. Om te strek help jou spiere groei en herstel, verminder beserings en verminder seer spiere ná oefening.
Hoe strek ek?
Strek jou spiere altyd wanneer dit warm is – dit behoort lekker warm te wees ná jou oefensessie. As jy voor jou oefensessie ook wil strek, moet jy eers opwarm.
Strek die spiere wat jy gebruik het ná ’n oefensessie. Die meeste van die sessies is vir jou hele lyf en die spiere wat jy moet strek sal dus jou arms, bene, rug en bors insluit.
Strekke moet altyd stadig en beheersd wees, sonder enige bonsery. Hou elke strek vir 20 tot 30 sekondes op ’n punt waar daar matige spanning is. Herhaal elke strek twee keer.
Moenie jou gewrigte te veel buig, draai of laat sluit nie. Moenie deur pyn strek nie – los die strekbeweging as jy ’n skerp, skielike pyn voel.
Is die eetplan duur?
Die eetplan is ontwerp om bekostigbaar te wees vir dié met ’n begroting. Dit werk met makro’s (die hoeveelheid wat jy van ’n sekere kosgroep moet inkry) en kilojoule-tellings en jy kan jou eetplan dus aanpas deur dieselfde soort kos te gebruik wat jy gewoonlik in jou kombuis sou hê.
Jy sal sien jy gaan heelwat meer vars produkte eet – slaai, groente en vrugte – maar dis “gewone” kossoorte. Jy hoef nie ghrênd gesondheidswinkels te soek of bestanddele te koop waarvan jy nog nooit gehoor het nie – als wat jy nodig het is by jou plaaslike supermark.
Kan ek die eetplan volg as ek Halaal of Kosher eet?
Ja, jy kan. Die eetplan is ontwerp deur makro’s (die hoeveelheid wat jy van ’n sekere kosgroep moet inkry) en kilojoule-tellings te gebruik; dit is dus maklik om koskeuses te maak en uitruilings te doen wat by jou behoeftes inpas.
Kyk eenvoudig op die kosruilinglyste en kies ’n ander kossoort met gelyke waarde.
Kan ek die eetplan volg as ek kos-intoleransies het?
Ja, jy kan. Die eetplan is ontwerp deur makro’s (die hoeveelheid wat jy van ’n sekere kosgroep moet inkry) en kilojoule-tellings te gebruik; dit is dus maklik om koskeuses te maak en uitruilings te doen wat by jou behoeftes inpas.
Kyk eenvoudig op die kosruilinglyste en kies ’n ander kossoort met gelyke waarde.
As jy onlangs met ’n kos-intoleransie gediagnoseer is, stel ons voor jy kom in verbinding met ’n geregistreerde dieetkundige sodat dié jou kan help om slim, gesonde keuses te maak.
Kan ek die eetplan volg as ek vegetaries of veganisties is?
Ja, jy kan, hoewel ons voorstel jy kom met ’n geregistreerde dieetkundige in verbinding om jou te help om slim, gesonde keuses te maak. Verwys dan eenvoudig na die kosruilinglyste en kies ’n ander kossoort met gelyke waarde.
Die eetplan is ontwerp deur makro’s (die hoeveelheid wat jy van ’n sekere kosgroep moet inkry) en kilojoule-tellings te gebruik.
Maar dis belangrik om seker te maak jy kry die nodige hoeveelheid proteïen, koolhidrate en vet om jou liggaam genoeg brandstof te gee vir die oefensessies, terwyl jy jou kilojoule-inname laag hou.
Is die R499-betaling eenmalig of maandeliks?
Die R499 is ’n eenmalige betaling wat jou volledige oefen- en eetplan vir die hele 12 weke insluit.
Ek het nie ’n kredietkaart nie. Wat is my ander betaalopsies?
Jy kan met ’n elektroniese oorplasing (“EFT”) betaal. Sodra jou betaling deur is, kan jy ’n bewys van betaling na slankermetsarie@media24.com stuur.