Hoe dit werk
Die program bestaan uit ’n kilojoule-beheerde eetplan en ’n vetverbrandende oefenplan
wat saamwerk om ongelooflike resultate te kry. En vinnig ook.
Die oefensessies
Hierdie program is in drie fases verdeel, elk met twee tweeweekprogramme. In fase een (weke een tot vier), gaan jy fokus daarop om jou algehele beweeglikheid te verbeter en ’n gevoel te kry vir hoe die program gaan wees – ’n tonus- (“toning”) en kondisioneringoefening wat saamgestelde kardio- en weerstandsoefeninge kombineer om vinnig groot resultate te lewer.
Jy doen dieselfde roetine in weke een en drie, en ’n tweede roetine in weke twee en vier, om seker te maak jou hele lyf kry kans om te deel in die pret.
Fase twee (weke vyf tot agt) vat dit wat jy reeds onder die knie het en verhoog die intensiteit, sodat jy kan verwag om ernstige resultate te sien teen die tyd wat jy halfpad met die program is. In fase drie (weke nege tot 12) is dit tyd om vet te verbrand. Verwag meer kardio-oefeninge in jou program en saamgestelde bewegings om daai sexy, slanke, funksionele spiere te bou.
Die eetplan
Elke maaltyd (ontbyt, middagete, aandete, peuselgoed) is ontwerp met ’n spesifieke getal kilojoules in gedagte, gebaseer op die hoeveelhede makrovoedingstowwe – proteïen, koolhidrate, vet.
’n Porsie van, byvoorbeeld, proteïen, kan verskillende vorme aanneem (bv. 30 g vleis of hoender is een proteïenporsie, maar een eier of drie eetlepels hummus ook).
Dit beteken jy het opsies: As jou middagete op Dinsdag byvoorbeeld slaai met ’n halwe blikkie tuna (een eenheid proteïen) is, maar jy het nog hoender oor van die vorige aand, kan jy eenvoudig die tuna vervang met 30 g hoender. Dit beteken jy vermors nie kos nie, dis makliker om voor te berei vir jou etes, en die plan word meer bekostigbaar. Jy kan ook die porsies as ’n riglyn gebruik wanneer jy uiteet.
En as jy verkies dat iemand vir jou sê presies wat jy moet eet, volg die plan eenvoudig nes hy is. Dis ontwerp as ’n vier-week-lange siklus wat herhaal; begin dus in week vyf bloot weer aan die begin. So kan jy geld spaar deur nie-bederfbare produkte in groot maat te koop.
Hoekom dit werk
Die eetplan werk met makro’s en kilojoule-tellings, sodat jy steeds al jou gunstelingkossoorte kan eet, maar in kleiner hoeveelhede. Intussen gebruik die oefensessies saamgestelde, funksionele bewegings om vet te verbrand en sexy, lenige spiertonus te bou.
Hoewel resultate sal wissel op grond hoeveel jy het om te verloor, is die plan ontwerp sodat ’n gemiddelde vrou sowat een kilogram per week kan verloor – dis gesonde, realistiese gewigverlies wat jy sal kan volhou.
Ondersteun deur
wetenskap
Lae risiko van
beserings
Raak lewenslank
gesonder
Jy gaan
resultate sien
Skryf in en begin jou Slanker-reis!
Slanker met SARIE is ’n gesonde eet- en oefenplan, ontwerp deur kenners om jou lyf in haar beste toestand nog te kry – alles in die gemak van jou eie huis.